Kristiansand
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Provinsie (Fylke) | |
| Koördinate | 58°9′N 08°0′O / 58.150°N 8.000°O |
| Stigting | 1641 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 428,21 vk km |
| Hoogte bo seevlak | m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (31 Desember 2025) | 119 287[1] |
| - Bevolkingsdigtheid | 270/vk km |
| - Metropolitaanse gebied | 155 648 |
| - Taalvorm | Onsydig |
| Tydsone | UTC +1 (MET) |
| - Somertyd | UTC +2 (MEST) |
| Klimaat | |
| - Tipe | Gematigde seeklimaat |
| - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,6 °C |
| - Gem. temp. Januarie/Julie | 0,2 / 16,6 °C |
| - Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1381,5 mm |
| Burgemeester | Mathias Bernander (H) |
| Amptelike webwerf | kristiansand.kommune.no |
Kristiansand (Noors: [kristianˈsan], ⓘ; voorheen Christian(s)sand)[2] is die sesde grootste stad in Noorweë ná Oslo, Bergen, Trondheim, Stavanger en Bærum met 'n oppervlakte van 428,21 vierkante kilometer en 'n bevolking van 119 287 (soos op 31 Desember 2025). Dit is die suidelikste grootstad in Noorweë en sowat 50 km oos van dié land se suidelikste punt geleë.

Kristiansand lê langs die Noordseekus in die suidweste van Noorweë in die Suid-Noorse provinsie (fylke) Agder en vorm 'n stedelike munisipaliteit (kommune). Dit is veral bekend as 'n belangrike hawestad vir veerbote na Denemarke en is somers 'n bedrywige plesierbootbestemming. Daarbenewens is die stad een van die sonrykste plekke in Noorweë en gevolglik 'n gewilde vakansiebestemming vir Noorweërs.
Kristiansand beskik oor 'n strategies belangrike ligging langs die Skagerrak en reeds in 1555 is onder die Deens-Noorse koning Christiaan III bevestigings opgerig. In 1641 het sy kleinseun Christiaan IV Kristiansand amptelik gestig. Uit dié tydperk dateer die stad se reghoekige straatrooster, Kvadraturen genoem. Die domkerk van Kristiansand is een van die grootstes in Noorweë met sitplek vir sowat 1 000 mense.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (no) "De 10 største byene, tettstedene og kommunene i Norge". Statistiek Noorweë. 25 Februarie 2026. Besoek op 26 April 2026.
- ↑ (no) "Kristiansand eller Christianssand?". NRK. 3 Februarie 2012. Besoek op 26 April 2026.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kristiansand.- (en) Toerisme-inligting oor Kristiansand op Wikivoyage
- (no) Amptelike webwerf
- (en) "Kristiansand". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 April 2026.


