Gaan na inhoud

NAFTA

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ondertekening van die NAFTA-verdrag in Oktober 1992 (v.l.n.r., agterste ry): president Carlos Salinas de Gortari (Meksiko), president George H.W. Bush (VSA) en eerste minister Brian Mulroney (Kanada); voorry: Jaime Serra Puche (Meksiko), Carla Hills (VSA) and Michael Wilson (Kanada)
Kenteken van die NAFTA, bestaande uit die vlae van die Verenigde State, Meksiko en Kanada
Ligging van die NAFTA

Die NAFTA (Engels: North American Free Trade Agreement, NAFTA; Frans: Accord de libre échange nord américain, ALÉNA; Spaans: Tratado de Libre Comercio de América del Norte, TLCAN) was 'n vryhandelsone tussen die drie Noord-Amerikaanse lande met politieke en ekonomiese samewerkingsooreenkomste. Die NAFTA is op 1 Januarie 1994 deur Kanada, Meksiko en die Verenigde State van Amerika gestig. Die amptelike tale van die NAFTA was Engels, Frans en Spaans. Die NAFTA se hoofkantore was in Meksikostad, Ottawa en Washington, D.C. geleë.

Nadat die Amerikaanse president Donald Trump in Januarie 2017 die eerste keer sy amp aanvaar het, het hy gepoog om NAFTA deur 'n nuwe ooreenkoms te vervang en sodoende onderhandelinge met Kanada en Meksiko begin. In September 2018 het die Verenigde State, Meksiko en Kanada ooreengekom om NAFTA te vervang met die Verenigde State–Meksiko–Kanada-ooreenkoms (USMCA), en teen Maart 2020 het al drie lande dit bekragtig. NAFTA het van krag gebly totdat die USMCA in werking gestel is. Die USMCA het op 1 Julie 2020 in werking getree en sodoende NAFTA vervang.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • (en) Lederman, Daniel, William F. Maloney en Luis Servén: Deepening NAFTA for Economic Convergence in North America, Wêreldhandelsorganisasie, 2003.
  • (en) López Córdova, José Ernesto en Mauricio Mesquita Moreira: Regional Integration and Productivity: The experiences of Brasil and Mexico, INTAL-ITD, 2003.
  • (de) Schirm, Stefan A.: Politische und ökonomische Auswirkungen der NAFTA, in Außenpolitik, Zeitschrift für internationale Fragen, 48, Jahrgang 1997, 1. Quartal, S. 68-79, 1997.
  • (es) Vega Cánovas, Gustavo: El TLCAN: El punto de vista de México, in De Olloqui, José Juan 2003: Jornadas sobre México y los Tratados de Libre Comercio, Instituto De Investigaciones Jurídicas: Mexiko-Stadt, 2003.
  • (de) Vogler, Michael: Mexiko 10 Jahre in der NAFTA, Wirtschaftliche und politische Auswirkungen, Diplomarbeit: Universität Passau, 2004.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]