Gaan na inhoud

Nissan Magnite

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nissan Magnite
Oorsig
Vervaardiger Nissan
Produksie 2020–tans
Montering Vlag van Indië Indië: Chennai (Nissan India)
Bakwerk en onderstel
Klas Subkompakte oorkruis-sportnutsvoertuig
Bakstyl 5-deur SNV
Uitleg Voorenjin, voorwieldryf
Platform Nissan CMF-A+ platform
Spesifikasies
Enjin(s)
  • Petrol:
  • 999 cc B4D I3
  • 999 cc Nissan HRA0 I3-T
Ratkas
Lengte 3 994 mm (157,2 in)
Breedte 1 758 mm (69,2 in)
Hoogte 1 572 mm (61,9 in)
Massa 939–1 059 kg (2 070–2 335 lb)
Asafstand 2 500 mm (98,4 in)
Plek in geskiedenis
Voorganger March (Brasilië)
Variante

Die Nissan Magnite is 'n subkompakte oorkruis-sportnutsvoertuig wat deur Nissan vervaardig word. Die Magnite is in Oktober 2020 vrygestel en onder die Kicks geplaas in Nissan se wêreldwye SNV-reeks, wat dit Nissan se kleinste oorkruis-SNV wêreldwyd maak.[1] Dit word in Chennai, Indië, vervaardig en gebruik dieselfde platform as die Renault Triber en sal na verskeie markte wêreldwyd uitgevoer word. [2]

Oorsig

[wysig | wysig bron]

Voor-produksie

[wysig | wysig bron]

Gedurende sy ontwikkelingsfase is die Magnite beplan as 'n vlagskip-sportnutsvoertuig vir die Datsun-handelsmerk.[3][4] Aangesien dit in 2020 bekend geword het dat die Datsun-merk gestaak sal word, is die Magnite in die laaste fase van sy ontwikkeling aan die Nissan-handelsnaam oorgedra.

In Desember 2019 is die naam "Datsun Magnite" as handelsmerk geregistreer in Indië,[5][6] gevolg deur die naam "Nissan Magnite" in Maart 2020.[7]

Die voertuig is in Februarie 2020 vir die eerste keer in 'n syaansig-silhoeëtvorm vertoon.[8] Die nabyproduksie-konsepweergawe is op 17 Julie 2020 bekendgestel as die Magnite Concept.[9]

Produksiemodel

[wysig | wysig bron]

Die produksiemodel is op 21 Oktober 2020 bekendgestel en produksie het op 30 Oktober 2020 'n aanvang geneem. [10] [11]

Dit sal die March in Brasilië vervang nadat die produksie daar gestaak is. [12]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ Cédric Pinatel (18 Julie 2020). "Nissan Magnite, le Juke low-cost".
  2. ↑ https://www.indiatoday.in/auto/latest-auto-news/story/kia-sonet-price-launch-features-specifications-other-important-details-1691644-2020-06-22
  3. ↑ "The inspiration behind Nissan's Magnite SUV". The Economic Times. Besoek op 21 November 2020.
  4. ↑ "Nissan Magnite: Design Decode | CarDekho.com". CarDekho (in Engels). Besoek op 21 November 2020.
  5. ↑ "Nissan files patent for Datsun Magnite: 2020 Auto Expo debut likely!". The Financial Express (in American English). 28 Desember 2019. Besoek op 21 November 2020.
  6. ↑ GaadiWaadi, Team (19 Januarie 2020). "Datsun Magnite Compact SUV To Launch This Year". Gaadiwaadi.com (in American English). Besoek op 21 November 2020.
  7. ↑ "Nissan Magnite name trademarked; could be the new compact SUV". www.msn.com. Besoek op 21 November 2020.
  8. ↑ "Nissan teases sub-compact SUV again; will compete against Kia Sonet, Maruti Suzuki Vitara Brezza". www.timesnownews.com (in Engels). Besoek op 21 November 2020.
  9. ↑ "Nissan reveals the design approach for the upcoming Nissan Magnite Concept". Nissan (in Indian English). Besoek op 21 November 2020.
  10. ↑ "2021 Nissan Magnite Is A Bold-Styled Sub-4-Meter Crossover With A 1.0L Turbo Engine". Carscoops (in American English). 21 Oktober 2020. Besoek op 21 November 2020.
  11. ↑ "Nissan Magnite production starts ahead of upcoming launch". Autocar India (in Engels). Besoek op 21 November 2020.
  12. ↑ https://www.motorpasion.com.mx/industria/nissan-magnite-llegara-a-latinoamerica-brasil-sera-reemplazo-march

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]